Hoofstuk 22
Koninkryk van God:
U
( Terug na Inhoud )
Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.
1Kor 2:13-14
13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie
aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy
Soos ons sien. Moet ons nie hierdie koninkryk as 'n natuurlike plek loop soek
nie, God is Gees en wil ook in Gees en waarheid gedien word. God wat geestelik
is, sal dan nie op 'n natuurlike plek of toestand gevind word nie. Dit is dan
ook so dat ons hierdie koninkryk moet gaan soek. Dit help nie dat ons sit en
wag en verwag dat die koninkryk op 'n natuurlike wolk gaan kom nie, die
koninkryk van God kom nie met sigbare teken nie. Verder is dit ook so dat ons
hierdie koninkryk vandag moet vind, want om dit te vind sal ons God ook vind,
dan sal ons ook Sy Seun, Christus vind. M.a.w. om die koninkryk te soek, is om
Christus te soek. Verwag ons dan dat Hy op 'n natuurlike wolk moet kom?
Wat is hierdie koninkryk en waaruit bestaan dit?
Antwoord:
Waar en hoe gaan ons dit soek en vind?
Antwoord:
Mat 6:33 sê: " Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." so, dit sê baie duidelik dat ons dit nou moet soek en sal God dan so onredelik wees om van ons te verwag om iets te gaan soek wat ons nie kan vind nie?, sal God dan iets buite ons vermoë plaas, bokant die son, maan en sterre waar ons dit nie kan bereik nie?
Nee, sekerlik nie. Hierdie koninkryk moet die plek wees waar God regeer,
want 'n koninkryk is waar 'n koning regeer. Maar ons weet ook dat die hemel die
plek is waar God moet wees. M.a.w. ons moet die hemel ook soek. Hierdie hemel
bestaan uit hemele, oor die algemeen aanvaar almal dat daar sewe hemele is, m.a.w.
hemel is die versamelings naam van hemele. Soos Joh 14:2 duidelik
uitbeeld," In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so
was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te
berei."
God gee aan ons 'n opdrag om die koninkryk te soek en daarna sal al Sy
verborgenhede aan ons geopenbaar, bekend gemaak word.
Maar wanneer moet ek dit dan doen? Die dag wanneer ek dood is? Nee!, vandag,
want God sal nie so 'n oregverdige opdrag aan ons gee wat nie uitvoerbaar is
nie.
Ons kan dan vinnig spring na 1Kor 3:9 wat klaar vir ons sê dat die akker,
die gebou van God, die mens is, " Want ons is medewerkers van God; die
akker van God, die gebou van God is julle." Maar om dit te verstaan, om
dit te sien - ek verwys na die koninkryk - is daar sekere vereistes wat nagekom
moet word, anders
Ons lees ook in Mark 9:1 dat Jesus aan Sy dissipels, Sy volgelinge, sê;
"daar is sommige van die wat hier staan wat die dood sekerlik nie sal
smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie.
Hierdie mense met wie Hy dan gesels het, is reeds jare dood, m.a.w. hierdie
koninkryk van God moes dan in hulle leeftyd reeds gekom het.
Verder lees ons in Luk 17:20-21 toe Jesus deur die Fariseërs gevra is
wanneer hierdie koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en
gesê; " die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens
nie, want die koninkryk van God is binne-in julle."
So moet ek dan hierdie koninkryk binne in myself gaan soek en daar sal dit
sigbaar wees, maar om dit te verstaan en te sien moet ons wedergebore word soos
Joh 3:3-5 gesê word, "vers 3 Jesus antwoord en sê vir hom:
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan
hy die koninkryk van God nie sien nie. Vers 4 Nikodémus
sê vir Hom: Hoe
Ja, daar is nog ander vereistes ook waaraan ons moet voldoen, voordat ons
wedergebore sal wees, en daarvan lees ons in Mark 10:14-15 "Vers 14 Maar
toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle
gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan
sulkes behoort die koninkryk van God. Vers 15 Voorwaar Ek sê vir julle,
elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar
nooit ingaan nie." Hier word vir ons gesê, dat die koninkryk van God
aan kindertjies behoort, en dat hulle alleen dit sal ontvang. Wat dan nou van
die groot mense? Het hulle dan nou geen
Hoe is dit moontlik, want dit is belangrik dat ek dit nou moet kan binne gaan
sodat ek by God kan wees want ek wil sekerlik seëninge van God verkry en
Ef 1: 3 sê: " Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus
Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele
in Christus,", let wel geseën in die hemele in Christus. Nie eendag
wanneer ek dood is nie, nee dit gebeur nou. Die skrifte sê reeds daar is
Ex 19:6 "En julle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n
heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van
Hierdie koninkryk moet dan sigbaar wees want ons lees ook die volgende in 2Kor
12:2-4 " vers 2 Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede--of
dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God
weet dit--dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
Vers 3 En ek weet van so 'n man--of dit in die liggaam of buite die liggaam
was, weet ek nie, God weet dit-- vers 4 dat hy weggeruk is in die
Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat 'n mens nie mag
uitspreek nie." Sou dit moontlik gewees het om dit te sê as dit nie
moontlik was om die koninkryk te sien nie?
Graag wil ek ook die volgende teks onder u aandag bring sodat ons nie sal glo
dat die Tuin van Eden wat ook verwys word as die paradys, tydens die sonvloed
vergaan het nie want dan maak die volgende sin: "Op 2:7 Wie 'n oor het,
laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal
Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God
is." Gen 2:9 " En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat
uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die
lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad."
Op 22:2 en 14 "vers 2 In die middel van sy straat en weerskante van die
rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy
vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. En vers
14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg
En so verwys die nuwe vertalende Bybel ook Op 1:6 " uit liefde vir ons het
Hy ons deur Sy bloed van ons sondes verlos en ons Sy koninkryk gemaak"
Gaan lees nou ook die volgende tekse; 1Kor 2:13-14 weereens soos heel in die
begin vir u gegee is en ook Mark 4:11-12 dan gesels ons daaroor.
Indien u hierdie tekse deur gelees het
Ek herhaal weereens die tekse her ter verduideliking.
1Kor 2:13-14
13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
14 Maar die natuurlike mens neem die
dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy
Mark 4:11-12
"Vers 11 En Hy sê vir hulle: Aan
julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar
vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, vers 12 sodat hulle kan kyk
en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul
nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie" dit staan ook
geskrywe in Luk 8.
Hieruit
Ons
U
( Terug na Bo )